top of page

Bejaarde in Thokoza

‘n Bejaarde, ons noem haar Ouma Mahlangu van Thokoza is een van ons kliente van "Thokoza Luncheon Club" wat onder leiding van ons projekleier, Linah Rammutla van Alberton Dienssentrum & Mobiele Etes dienspunt behartig word.

Ouma Elizabeth Mhlangu is ‘n diabeet, sy is blind en in ‘n rolstoel. Haar een voet is alreeds geamputeer. Die ander voet was vol sere. Linah van Alberton Dienssentrum het dit liefdelik met sorg en met die gebruik van haar eie "Golden Products" medikasie gereeld versorg. Dit het tyd geneem maar wonderbaarlik verbeter.

Die “Home Base Care” dienste wat Alberton Mobiele Etes doen behels die skoonmaak van huise, versorging van wonde, hulp met persoonlike hygiene sowel as die voorsiening van, of kook van maaltye. Dit is presies wat Linah vir Ouma Elizabeth Mhlangu doen.

Weens druk van werk, kan Linah ongelukkig net 2 keer per week by haar uitkom. Daar is gelukkig iemand wat inwoon by Ouma Elizabeth, maar werk en kan nie altyd die nodige aandag aan Ouma gee nie.

Daarom sien Ouma uit na Linah se besoeke en is altyd so bly wanneer sy kom. As sy nie van Linah hoor nie, laat stuur sy ‘n boodskap vir Linah om te kom.


Featured Posts
Recent Posts
Search By Tags
Archive
No tags yet.
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Facebook Social Icon
  • Twitter Social Icon
  • YouTube Social  Icon
Under Construction

Protea Park Building, Sedaven Road, Heidelberg, 1442, Gauteng, South Africa.

PO Box 687, Heidelberg, 1441  info@mealsonwheelsna.org.za  

Tel: +27 (0)16 342 0309/10

bottom of page